'n Evaluasie van twee chromatografiese metodes vir die roetine-bepaling van nikotien en nornikotien in tabak | Nel, J. G. | 1988 |
KeywordsGas chromatography, nicotine, nornicotine, thinlayer chromatography, tobacco AbstractTen einde 'n geskikte metode op 'n tyd- en kostebasis te vind vir die roetine-ontleding van nornikotien in tabakmonsters, is twee tegnieke van individuele alkaloïedbepalings vergelyk. Met die dunlaagchromatografiese metode kon sewe verskillende alkaloïedes in een van die monsters wat ontleed is waargeneem word terwyl die gaschromatografiese metode slegs nikotien en nornikotien kon waarneem. Die verskille in die persentasies nikotien en nornikotien van die drie uitgesoekte monsters wat volgens die prosedures van die twee metodes ontleed is, is binne perke van 'n 10%-variasie en vergelyk baie gunstig. Vir die roetine-ontleding van nornikotien in tabakmonsters word die dunlaagchromatografiese metode aanbeveel. AuthorsNel, J. G. Year Published1988 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1988.10634247 This article contributed by:
|
'n Evaluering van die volumetermetode om aggregaatstabiliteit van 'n vertisol te kwantifiseer | Beukes, D. J. | 1987 |
KeywordsAggregate stability, grain sorghum, matric potential, stubble mulch, vertic soil AbstractDie 0–10 mm laag van twee proefpersele van 'n vertiese grond waarop graansorghum sonder enige bewerking met behoud van 'n stoppeldeklaag (GBS) en met die Stoppel verwyder (GBG), verbou is, is gemonster. Grond- koolstofinhoud was 1,82% en 1,15% onderskeidelik. Massas (120 g) van < 2 mm- en < 8 mm-fraksies is versadig en gedreineer by 'n reeks matrikspotensiale (ψm) vanaf –5 tot –40 kPa. Na elke ewewigsinstelling is die monsters in 'n volumeter geplaas en aan 'n reeks (5–1600) vertikale slae onderwerp waarna die volumes bepaal is. Bokant 1000 slae het monstervolumes konstant gebly. Die < 8 mm-fraksie van GBS-monsters het groter finale volumes (dit wil sê minder aggregaatverval) gelewer as die < 2 mm-fraksie. By GBG was daar min of geen verskille tussen volumes nie. Dit dui op stabiele aggregaatvorming in die 2–8 mm-gebied vir die GBS-behandeling. Verder het GBS groter finale monstervolumes bereik as GBG. Met behulp van die volumeter kon dus aangetoon word dat die aanwesigheid van organiese materiaal aggregaatvorming en verhoogde -stabiliteit teweeggebring het. Die grootste volumeverskille is by ψm = −10 kPa verkry. Die gevolgtrekking is gemaak dat aggregate die grootste mate van stabiliteit teen disintegrasie by –10 kPa getoon het. Die aanwesigheid van stabiele aggregate in die < 8 mm-fraksie van GBS het by 'n gegewe ψm hoër grondwaterinhoude gegee as GBG. Vir die < 2 mm-fraksies was daar feitlik geen verskille in waterinhoud tussen GBS en GBG nie. AuthorsBeukes, D. J. Year Published1987 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1987.10634949 This article contributed by:
|
'n Nuwe benadering tot die bepaling van hitte-eenhede vir sonneblom | Loubser, H. L. | 1986 |
KeywordsDevelopment, heat units, prediction, sunflower AbstractDie konvensionele metode vir die bepaling van hitte-eenhede is vergelyk met 'n nuwe benadering. Data uit sewe kultivarproewe insluitende daaglikse maksimum en minimum temperature is gebruik om die hitte-eenhedevereistes van drie kultivars te bepaal. Twee vergelykings is gebruik, een verteenwoordig die konvensionele hitte-eenhedebenadering en die ander een die nuwe benadering. Onafhanklike data van 16 kultivarproewe, wat oor drie jaar uitgevoer is, is gebruik om die voorspellingswaarde van die verskillende vergelykings vir die somerreënsaaigebiede van Suid-Afrika te toets. Akkumulasies van relatiewe hitte-eenhede Y, wat volgens die vergelyking Y = −0,014X 2 + 1,08X - 6,9 waar X = (2Tx + Tn )/3, Tx = daaglikse maksimum temperatuur en Tn = daaglikse minimum temperatuur, bereken is, het die beste voorspellings gegee van die aantal dae van plant tot 50% blom. Kriteria wat gebruik is om voorspellingswaarde te beoordeel is: goeie ooreenstemming tussen gemiddeldes van die werklike en berekende aantal dae tussen plant en blom, klein afwykings van berekende waardes vanaf hul gemiddeldes en temperatuuronafhanklikheid van die afwykings. Beoordeel volgens hierdie norme is die nuwe benadering meer betroubaar as die ou benadering en behoort dus gebruik te word om die ontwikkeling van sonneblom te voorspel vir die somerreënsaaigebiede van Suid-Afrika. S.-Afr. Tydskr. Plant Grond 1986, 3: 41–44 AuthorsLoubser, H. L. Year Published1986 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1986.10634184 This article contributed by:
|
'n Vergelyking tussen berekende en in situ onversadigde geleivermoë van 'n sand en 'n sandkleileem | Beukes, D. J. | 1986 |
KeywordsEmpirical equations, hydraulic conductivity, pore classes, retentivity curve, soil water drainage AbstractOnversadigde geleivermoë, K(θ), is bereken vanaf verskeie vergelykings gebaseer op poriegrootteverspreiding en die grondwaterretensiekromme. Versadigde geleivermoë (Ks ) is as passingsfaktor gebruik en is verkry vanaf laboratorium-en veldbepalings. Berekende K(θ) is by verskillende porieklasse vergelyk met waardes vanaf in situ- dreineringstudies op 'n sand en 'n sandkleileem. Siegs op die sand het sommige van die vergelykings (nl. Kunze et al.; Millington & Quirk) goeie ooreenstemming getoori met in situ-K(θ). Vir beide gronde het 16 porieklasse'n goeie voorstelling gegee van totale porositeit. As gevolg van die inherente verskille tussen laboratorium- en in situ-waterretensiekrommes sal vergelykings gebaseer op eersgenoemde krommes altyd swak resultate lewer. Onafwendbare verskille tussen in situ- en laboratorium- Ks -waardes bemoeilik die keuse van 'n geskikte Ks as passingsfaktor. AuthorsBeukes, D. J. Year Published1986 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1986.10634188 This article contributed by:
|
'n Vergelyking tussen hidrouliese geleivermoë en vernante eienskappe van 'n fynsand en 'n fynsandkleileem tydens in sity-dreinering | Beukes, D. J. | 1987 |
KeywordsDrainage, exponential relationships, flux density, hydraulic conductivity, matric potential, water content AbstractIn situ-dreineringstudies is in triplikaat op elk van 'n fynsand (Shashaserie) en 'n fynsandkleileem (Msingaserie) uitgevoer. Die ondersoek het 340 uur geduur waartydens op vyf dieptes metings van volumetriese waterinhoud (θ) en matrikspotensiaal (ψm) gedoen is. Unieke verwantskappe tussen θ, ψm en tekstuur is gevind. Alhoewel θ by versadiging nie veel verskil het nie, het die fynsand gedreineer tot 'n ewewigs-θ van 0,06 teenoor 0,24 van die fynsandkleileem; finale ψm het nie veel verskil nie (–8,9 kPa en –9,2 kPa, onderskeidelik). Hoër vloeddigthede van die fynsand in die tydperk onmiddellik na versadiging verklaar gedeeltelik die sneller afname in θ in vergelyking met die fynsandkleileem. Daar bestaan meerfasige eksponensiële verwantskappe tussen hidrouliese geleivermoë (1) en ψm, asook tussen θ en ψm (r = 0,82–0,99). By die snypunte van die funksies kan waardes herlei word vir (1) θ en ψm wat goed ooreenstem met in situ θ en ψm by veldkapasiteit, en (2) ψm wat moontlik die lugintree-potensiaal aandui. Die veel laer eind-θ van die fynsand kan ook toegeskryf word aan 'n effens groter K-reikwydte, sowel as 'n tydelike konstante θ by die aanvang van dreinering. AuthorsBeukes, D. J. Year Published1987 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1987.10634965 This article contributed by:
|
'n Vergelyking van koringkultivars ten opsigte van droogteverdraagsaamheid | Joubert, G. D. | 1987 |
KeywordsDrought tolerance, water potential, wheat Abstract'n Proef met vyf koringkultivars en twee vogpeile (50 en 80% van veldwaterkapasiteit) is in 'n glashuis uitgevoer. Kultivarverskiile in droëmateriaalakkumulasie is verkry by die lae vogpeil. Gamtoos het die grootste blaaroppervlakte en blaarmassa gehad by die vlagblaarstadium en uiteindelik 'n hoër graanopbrengs gelewer as die ander kultivars. Gedurende die vlagblaarstadium was blaarwaterpotensiaal by die lae vogpeil van Gamtoos ook laer as dié van die ander kultivars. AuthorsJoubert, G. D. Year Published1987 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1987.10634954 This article contributed by:
|
'n Vergelyking van verskillende metodes vir die ekstraksie en bepaling van aluminium in grond | Pretorius, Mardel | 1989 |
KeywordsAcid soils, extractable Al, methods, soil acidity AbstractVier metodes vir die ekstrahering en bepaling van Al in suur gronde is vergelyk vir grondmonsters vanaf 'n verskeidenheid van bronne en met pH (KCl) waardes tussen 3,3 en 4,4. Die oogmerk was om 'n vinnige, eenvoudige, maar steeds betroubare metode vir die bepaling van Al op 'n roetine basis te selekteer. Ekstraheerbare Al is eerstens bepaal na 'n reeks van 22 agtereenvolgende ekstraksies met 0,2M NH4CI (22- ekstraksiemetode). Alhoewel teoreties suiwer, is hierdie metode te omslagtig vir roetine gebruik. Met die tweede metode is Al geëkstraheer met 1M KCl en spektrofotometries bepaal na verkleuring met chroom azurol S (CAS-metode). Baie laer Al-waardes is hierdeur verkry as met die 22- ekstraksiemetode. Die derde metode het bestaan uit 'n 1M KCl ekstraksie van Al gevolg deur 'n finale titrasie met 0.025M HCl nadat Al gekomplekseer is met KF. Aluminium-waardes soortgelyk aan die van die 22-ektraksiemetode is verkry en herhaalbaarheid was veel beter as in die geval van die CAS-metode. Die Vierde metode, wat op 'n enkele ekstraksie van Al met 0,2M NH4CI gebaseer is, het die laagste Al-waardes van alle metodes opgelewer. Die titrasiemetode blyk dus, as gevolg van eenvoudigheid, goeie herhaalbaarheid en die vermoë om addisionele inligting oor grondsuurheid te verskaf, die geskikste metode te wees vir die roetine bepaling van Al in grand. AuthorsPretorius, Mardel and Beukes, D. J. Year Published1989 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1989.10634498 This article contributed by:
|
'n Vogstremmingsindeks vir gebruik in besproeiing van katoen | Dippenaar, M. C. | 1987 |
KeywordsCotton, non-water stressed base line, plant water status, plant water stress index AbstractDie behoefte bestaan om plantparameters as kritiese indikatore aan te wend om besproeiingsbestuur te vergemaklik. Die blaarwaterpotensiaal (ψb) van katoen en relatiewe turgiditeit (RT%) van blaarskyfies is gedurende 1983 tot 1985 en tydens die 1986/87-seisoen bepaal. Hierdie metings is op goed-besproeide katoenpersele met sonop en om 14h00 geneem. Die gemiddelde ψ-waarde met sonop beloop - 564 kPa en die RT% = 92,96%. Die dehidrasie wat katoen onder hoë grondvogtoestande ondergaan korreleer goed met die verdampingsaanvraag van die atmosfeer soos met die Amerikaanse klas-A-pan gemeet (Ep). 'n Basislyn vir geen-vogstremming, is opgestel waarteen enige vogstremmingstoestand geweeg kan word deur van blaarwaterpotensiaal en RT% gebruik te maak. Aan die hand van hierdie basislyn is 'n plantwaterstremmingsindeks (PWSI) opgestel wat gedefinieer is as die verhouding van minimum verwagte dehidrasie soos deur die basislyn voorspel, tot die gemete daling in plantwaterstatus by 'n gegewe Ep-waarde. Die PWSI is goed gekorreleer met die lineêre groei van katoenblare en toename in planthoogte. Die kritieke PWSI-waarde waarby fotosintese en veselproduksie betekenisvol verminder, verg verdere navorsing. AuthorsDippenaar, M. C. and Weyers, Catharina Year Published1987 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.1987.10634973 This article contributed by:
|
‘Water and fertilizer influence on yield of grain sorghum varieties produced in Burkina Faso | Palé, S. | 2009 |
Keywordsmicrodose, reversible tool IR12, tied-ridges, traditional beer, zaï AbstractGrain sorghum [Sorghum bicolor (L.) Moench] is the major cereal crop used in the Central Plateau of Burkina Faso to produce the traditional beer called “dolo”. Experiments combining five water management techniques (WMT) and four fertilizer treatments (FT) in a randomized complete block design with a split-plot arrangement of treatments were conducted from 2003 to 2005. Water management techniques were allocated to main plots and FT to subplots. The objective was to determine the best cropping practice to optimize yields for two red grain sorghum varieties, IRAT9 and ICSV1001 (Framida), commonly used for dolo production. Results indicated that water conservation using tied-ridges produced higher grain yields. The highest yield benefit was 241 kg ha−1 for Framida. In the IRAT9 field, the highest yield benefit of 395 kg ha−1occurred in the lowest rainfall year (736 mm) of 2005. In all years, microdose consisting of application of 19 kg N ha−1, 19 kg P ha−1 and 19 kg K ha−1 as complex fertilizer NPK at planting, with addition of 20 kg P ha−1 as triple super phosphate at planting in the planting hole and 30 kg N ha−1 as urea applied 45 days after planting (microdose + 20 kg P ha−1 + 30 kg N ha−1) produced the highest grain yield increases from 420 to 756 kg ha−1 for Framida and from 812 to 1346 kg ha−1 for IRAT9. In the IRAT9 field, microdose + 20 kg P ha−1 + 30 kg N ha−1 produced the highest grain yield in all WM treatments, with yield increases from 518 to 1327 kg ha−1 depending on the WMT. Correlations indicated that the number of panicles harvested ha−1 were associated with grain yield for the two varieties. The best cropping system to optimize grain yield of Framida and IRAT9 was the use of tied-ridges and application of micro-dose + 20 kg P ha−1 + 30 kg N ha−1. AuthorsPalé, S., Mason, S.C. and Taonda, S.J.B. Year Published2009 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.2009.10639939 This article contributed by:
|
A canning quality model for small white bean lines selected for breeding (Phaseolus vulgaris L.) | van der Merwe, M. | 2008 |
Keywordsbreeding lines, canning quality, canonical variate analysis, model, small white bean cultivars AbstractThe study aimed to validate canonical variate analysis (CVA) model equations for the grouping of small white beans according to canning quality by testing them on four cultivar samples of known canning quality (2000/01 season), and 24 breeding samples that were not included in the development of the model, from three localities (2002/03 season). The model was not sensitive enough to classify cultivars into canning grades, but could serve as a rapid means to identify cultivar groupings based on canning quality without the use of 95% confidence circles. The CVA on breeding samples and the model identified the same entries not to be significantly different (P>0.05) from Teebus (reference cultivar) in canning quality. The model was therefore able to predict the average canning quality of dry bean entries not included in the original model over localities. It was also successfully applied to indicate the entry × locality interactions, thus enabling the identification of entries with stability over localities. The model eliminates the need for performing CVA, while it allows the determination of canning quality by using only visual appearance, hydration coefficient, splits and size for the evaluation. Authorsvan der Merwe, M., Osthoff, G. and Pretorius, A.J. Year Published2008 PublicationSouth African Journal of Plant and Soil LocationsDOI10.1080/02571862.2008.10639891 This article contributed by:
|